OEWERSIG SAAL

Die OEWERSIG SAAL beskik oor ‘n unieke boskroeg en ‘n kuierarea met DSTV.

Die sitkamer aangrensend aan die kroeg het ‘n “Pool” tafel en ‘n lieflike uitsig oor die Sabie Rivier.

Daar is 2 sale beskikbaar vir funksies en onthale. Die kleiner saal kan gerieflik 50 mense akkomodeer en die groot saal tot en met 150 gaste. Die Rivier Lapa is op die oewer van die Sabie Rivier, dit het braaigeriewe en is geskik vir 50 mense.