Akkommodasie


Gastehuis

Aan de Vliet beskik oor 37 vyf- en sesbed selfsorgrondawels. (Kliek hier vir rondawel-uitlegdiagram.)

14 van die 37 selfsorgrondawels en 10 van die gastehuise beskik oor lugversorging en DSTV.


Binnekant van gastehuis

Daar is ook 'n gastehuis (Bed en Ontbyt) met tien private
suites, omring deur inheemse bome met 'n uitsig oor 'n
murmelende stroom. Elke suite het 'n sitkamer wat toegerus
is met 'n yskassie en fasiliteite om tee/koffie te maak. 'n Private binnehof, eie badkamer met toilet. Alle eenhede is met dakwaaiers, lugversorging en DSTV toegerus.


Binnekant van gastehuis

Ons bied ook akkommodasie vir rugsakreisigers teen sakpaspryse!

Copyright 2006 - Hosted and Maintained by Dezina Web - www.dweb.co.za